Sjoe wat ‘n maand wat agter die rug is. Daar het so baie dinge gebeur in ons lewe wat ons binnekort met almal sal kan deel, maar eers weer bietjie nuus oor ons en die kinders. Na ons week in Johannesburg het ons weer in volle swang begin skool. Ons “home schooling” groep is na die Elephant Sanctuary net buite Hazyview en het dit baie geniet. Oupa en Ouma het saam gegaan.
Ons kon aan die olifante voel en luister hoe hulle praat. Die goed is groot en hierdie was die jong tieners gewees! Jac was natuurlik nie so beindruk met die olifante soos Zane en Nêo-Rie nie.
Ek geniet dit regtig die jaar om die kinders skool te gee, Zane sê nog soms dat hy wil skool toe gaan, maar ons werk daar rondom. As jy ons lap boeke wil sien wat ons maak gaan loer na die ander blog: http://ourhomeschoolescapades.blogspot.com
 |
| Ouma en die kinders hou die olifante dop |
 |
| Neo-Rie en haar maatjie Emma saam met Naomi |
 |
| Kyk net daai tong |
 |
| Jac loer ook maar so bietjie |
 |
| Die olifant soen vir Zane |
 |
| en vir ouma |
Ons was ook na die reptielpark in Hazyview gewees, die keer saam met die ma’s van ASM. Dit was nogal uitputtend met Jac op my rug, maar die kinders het dit ook baie geniet. Ons nuwe kar (Toyota ….) wat ons met die hulp van familie bekom het het 4 kinders, 3 babas en 3 volwassenes geneem, en ons het heel gemaklik gesit (ek het bestuur so ek was heel gemaklik)
 |
| Zane en Jac |
 |
| Joshia, Neo-Rie, Miga en Zane by die Reptielpark |
 |
| Klein skilpaaie |
 |
| Groot opblaas slang |
 |
| 'n likkewaan |
 |
| "die krokkedille hoe maak hulle" |
 |
| Gewebde voete (geleer in die homeschooling) |
 |
| Pofadder |
 |
| tiener luislang |
Nêo-Rie geniet nog die balet baie en ek het nou bietjie gaan kyk hoe sy dans en dit is tog te oulik vir my, die fotos is nie sulke goeie kwaliteit nie, dis op my foon geneem en sy is aan die ander kant van die studio gewees. Maar jy kan darem so ietsie sien.
 |
| ballet (met blou, rooi en wit romp) |
 |
| saam met haar maaitjie Ye Rin |
|
|
Daar is nog fotos op Picassa as iemand wil gaan loer: https://picasaweb.google.com/esther.vanniekerk
Comments