Reeds diep in Januarie 2009
Ek is nog steeds moeg en nie regtig lus om te skryf nie, maar ek besef ek moet, ek raak al hoe meer agter met my stories en ook dan die stories wat ek vir die kinders wil behou. Ek besef ook nou ek sal nie hulle plakboeke kan saamneem eendag as ons gaan nie, so nou moet ek maar alles op die web vir hulle sit.
Nou wat het al alles gebeur vandat ek laas geskryf het. - Vrek baie, ek is nou 4 maande, amper 18 weke swanger en die naarheid en moegheid, ja wel die nice fase wat veronderstel is om te kom in jou tweede trimester is nog nie hier nie. Soms dink ek, ek kan beweging voel, ek glo ek kan al , maar mens kan dit nog nie sien beweeg nie. Daar was a scare gewees, maar alles lyk om dit nou goedgaan met die swangerskap en my datum is nou vas vir 'n keiser op die 15de Junie. Ek sien nie kans vir nog enige verder babastresse nie, toe gaan ek maar vir die keiser, alhoewel ek graag normaal sou wou probeer het.
Dit is verskriklik warm hier en gisteraand was daar 'n baie groot storm gewees, so ons het nie veel geslaap nie, seker hoekom ek so grumpy is vandag. Ek weet nie regtig waar om te begin vertel nie, dalk maar sommer net 'n vinnige oorsig oor die laaste paar maande.
Ek het nou by MES bedank en gaan nou in Februarie Hettie Brittz se kursus loop om dit dat te kan aanbied, hier in Centurion en dan hopelik in die Witrivier omgewing volgende jaar. Ons moet nog aansoek doen vir volgende jaar, maar ons glo dit is waar ons hierdie tyd volgende jaar met nog 'n kind ekstra in baie meer hitte gaan spandeer. Ek en Danie is regtig op 'n journey hier en ek het ook nou vir God gevra om vir my Peru of Bolivia te bevestig indien dit is waar Hy ons wil heenstuur sodra ons opleiding hier voltooi is. Ek sal julle op hoogte hou van sake. Danie en Zane is nou besig om die bunkbed klaar te maak sodat ons die kinders in een kamer kan oorskuif om plek te maak vir die nuwe 90% seuntjie in die babakamer. Ja nog nie 100% nie sal met die volgende besoek weer probeer kyk.
Kersfees was nogal 'n dol tyd gewees met die familie hier, en ons het lekker gekuier. Nuwejaar was stil, ek dink, o ja ons was by Benlize saam met die fam gewees, naby Harties en nogal warm daar ook.
Nêo-Rie het 2 jaar oud geword op die 3de Januarie, ek het vir haar arbei cupcakes gebak en toe sommer 2 kersies ingepak en die familie was hier vir haar verjaarsdag. Ek wou nog 'n partytjie gehou het, maar was en is toe op die ou einde nie baie lus nie, sal maar vir haar 'n goeie partyjie volgende jaar hou, voor ons die pad vat.
Ek het weer vir die kinders begin "skool" gee, wat seker die verkeerde term is, want ons gee deurentyd "skool". Ek soek nog bietjie rond na programme om te gebruik, en kyk na Little Footprints vir die volgende 2 jaar en dan wil ek dalk met Konos begin, maar nog nie seker nie. Sover doen ek my eie ding en dit blyk te werk vir nou. Ek sou baie graag vir Zane wou laat sokker speel het, maar dink julle ek kry nou 'n plek wat kinders dit kan doen hier in snorcity, of enige plek in die land, nie regte sokker nie, maar iets soortgelyks wat my nie 'n arm en 'n been kos soos playball nie.
Want ek besef ginmanstiek gaan nie werk vir die toekoms nie, veral nie daar in Suid-Amerika nie, daar sal dit moet sokker wees, maar dalk kry ek later iets in Nelspruit, die meeste plekke vat eers kinders van 6 jaar af.
Ek sou graag wou fotos laai, maar ek dink alles is op Danie se rekenaar. moet dalk later net 'n fotoblad publiseer, my facebook is ook baie agter, ek het nie meer die lus om dit te doen nie, en in die aande is ek net te moeg om eers daaraan te dink. vanaand is regtig 'n deurbraak dat ek wel hier sit en tik. Ek moet dalk net iewers 'n plek kry wat nie so openbaar is nie dat ek die ander dinge in ons lewe ook kan neerskryf. Nou ja ek babbel net aan, laat ek klaarmaak, want ek dink nie daar is nog iets wat ek hier kan skryf nie.
Groetnis daar

Comments