Dit is Lente

Dit is veronderstel om die maand van nuwe begin te wees, Lente, die bloeisels wat uitkom en eiers wat gelê word met nuwe lewens wat begin. Maar hier is ek doodmoeg en geiriteerd en kom nie eers daarby uit om my fotos te download en my blog te update nie. daarom is daar so min fotos deesdae. Hier gaan ook nie vandag fotos wees nie, miskien tik ek lank aan die ding en dan laai ek nog so paar fotos op. Dit voel so asof daar te veel goed is om te doen hier na die einde van die jaar se kant toe en ook te veel goed om aan te dink. Ek is nou al vir die afgelope 2 maande die hele tyd naar, en nee ek is nie swanger nie, alhoewel dit graag is wat ek wil hê. Soos ek en Nella nou die dag gepraat het toe ons by hulle 'n draai gaan maak het toe ons van Witrivier af gekom het. "God ek het nou alles in plek, die medies die kamer, Danie het nog 'n werk, alles is in plek, nou met God net sy deel doen en my swanger maak", maar dit blyk of Hy dalk ander planne het, dalk net nadat ons, ons medies opgegee het, en dalk in Witrivier sit.

Witrivier is waar ASM (Africa School of Missions) is. Ons het gaan loer en Zane vra my elke keer wanneer trek ons Witrivier toe, hy het my vandag weer gevra en ek het niks eers daarvan gepraat nie. Hy het baie lekker daar gespeel en wou nie eers terug huis toe kom nie, so dit lyk of sy hart klaar daar is, dit is net die ouers wat bietjie stadig is en dinge eers mooi wil uitdink. Waar is die geloof soos 'n kind nê?

Vanoggend het 'n die trou uitnodiging van Japie en Vanessa geneem om te sien wanneer moet ons RSVP toe ek dit wil oopmaak toe hoor ek net (grrrrrtts) (sorry nie maklik om dit na te maak nie) maar julle sal weet hoe dit klink dit was 'n ma-se spinnekop wat uitgeklim het. Ek het natuurlik net een gil gegee en die uitnodiging neergegooi, gelukkig kon Danie tot my redding kom (wat self nie mal is oor die spesie nie) Daar was darem 'n hoogtepunt ook die week, ek kon al 2 episodes van reeks 4 se prisonbreak kyk. Dalk kan ek vannaand die ander een kyk.

Ons sukkel bietjie met die kinders wat siek is, Zane se koors is op en af, dalk kan dit malaria wees. ons sal hom maar moet laat toets as die koors aanhou. Ek moet nou eers die kombuis gaan skoonmaak om nog 'n banier te kan verf, so ek moet eintlik baai sê, maar ek moet nog die fotos laai. Kom ons kyk wat ons kan doen.

Hier is so paar fotos, die een waar Nêo-Rie huil het ek vir Danie gevra om fotos te neem voordat ons kerk toe gegaan het, en dit is toe wat ek kry. Die Hillbrow toring is toe ons 'n yskoue ontbyt op die dak gehad in Hillbrow, saam met Coenie en Liz, hulle fotos is ook hier iewers in die blog.

Ons het gister koekies gebak, maar die fotos wil nou nie lekker werk nie, ek sal dit nog regkry en in die volgende blog sit.

Hier is nog 'n foto waar sy pasta eet (njam njam). Wel ek hoop dit maak op vir die vorige keer wat ek nie fotos op die blog gesit het nie. gaan loer op facebook vir nog fotos. Die kinders het ook begin met kindermusik en albei geniet dit baie, dit is net vrek baie geld, ek wens dit was ietwat goedkoper om dit te kon doen.

Ons oorweeg nog swemlesse, maar dit is ook weereens 'n geldmakery en dalk moet ons hom maar self probeer leer. Die internet kan seker help, 'n mens kry mos deesdae alles daar.

Die naweek in Witrivier was ons almal baie lekker, en vir ons ook insigewend. Wie weet dalk oor 'n jaar is ons besig om planne te maak om te trek. So bid maar saam met ons vir die groot besluit in ons lewe. Dit gaan beteken dat Danie sy werk opgee en dat ons vir 3 jaar gaan teologie en misiologie studeer, ek dink om dan deur Petra college 'n sertifikaat in kinderbediening te doen, want ek glo God het die kinders vir my gegee en dat dit my verantwoordelikheid is om hulle groot te maak.
Ek kyk ook op die oomblik om volgende jaar met 'n ander homeschooling te begin. Dit wat ek die jaar aangepak het werk nie so lekker vir my nie, te gestruktureerd,en dan al die skuldgevoelens as jy nie by alles uitkom nie, so bid maar daarvoor ook, ek kyk na Konos en Sonlight, met 'n tikkie Kenweb.(vir die afrikaans).

Dit raak nou heerlik warm hier, maar dalk gaan dit die naweek weer afkoel, ons het die MES Karnival aan die naweek so ek hoop dit is nie te koud nie.

Nou ja, dit is dit vir nou, hou die pers dop vir die koekie fotos!

Comments

Miyoba Scholtz said…
Eish.... sterkte met al die goed en die besluite. Net so 50c werd "side note" - ek weet Andre is nou ouer so dit was seker heelwat makliker (ek dink) maar ek het hom keer op keer probeer leer swem en so frustreerd geraak. Maar nou is ek so dankbaar dat wanneer iemand hom gaan vra hoe hy leer swem het, gaan hy sê (wel, ek hoop so) - my Pa het my geleer... Nogal 'n lekker gevoel, baie bevredigend. Hoekom noem hulle dit, "Witrivier"???

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.