Die res van die storie

Ja wel, ek is nog steeds moeg, maar voel so bietjie beter, so miskien kan ek so bietjie beter dink. Verlede naweek was ons by Saterdag omtrent die hele dag en aand uit. Eers by 'n kiddies verjaarsdag partytjie toe bietjie na Schalk hulle toe sodat die kinders so bietjie kan slaap, natuurlik het madam niks geslaap nie, en toe is weg vir nog 'n kuier wat tot laat aangehou het.

Ek het hierdie week ook nie skool gegee nie, te veel ander dinge gedoen. Doktor toe, gimnastiek toe, maatjies kuier en Johannesburg toe vir meetings. So dit was 'n besige week, besig vir my nie noodwendig die kinders nie. Zane het ook by 'n maatjie gaan speel, Noah. Ook 'n afrikaanse bruinseuntjie wat aangeneem is. Selfde ouderdom en lengte as hy. Hulle verskil net een maand. Ek het baie lekker daar gekuier en so ook Zane. Nêo-Rie het ook heerlik gespeel.

Zane slaap nou al vir 'n week lank sonder 'n doek, 'n paar glipse gehad maar dit lyk of dit goed gaan, dit is great om ten minste een kind nou van doeke af te kry. Wel die week wat nou kom gaan ons weer volstoom aan met skool. Ons is nou besig met "Ek en my mense".

Zane se maatjie Ryan het ook kom kuier so 2 weke gelede en die twee het baie lekker gespeel. die kinders by die skool, toe ons vir Ryan gaan haal het, wou net almal by Zane wees en langs hom sit ens. Zane het dit baie geniet, en ek het gewonder of ek die regte besluit geneem het om hom uit te haal. Ek het ook besef dat dit wat hy nou het weer ander voordele vir hom inhou en dat ons net gereeld met maatjies moet speel.

Ek het nou ook met Marietjie Hatting (maastkaplike werker wat ons saak hanteer het) gepraat en sy behoort in die week vir my 20 name deur te stuur sodat ek 'n support netwerk kan begin van gesinne wat saamgestel is soos ons gesin.

So dit is dit vir nou, behalwe dat die rekenaar my nog steeds skok.

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.