Alreeds een maand verby!

Dit is nou die begin van Februarie. Die 5de om presies te wees. Nou ja wat het die laaste ruk gebeur. Wel vandag het Nêo-Rie 3 tree gegee, oppad na die spieel toe. Sy het ook nou al 2 tande en kan 'n hele paar woorde sê. Elke dag 'n paar woorde by, soos sy het vandag vir die eerste keer "bad" gesê. Sy wil nou net begin loop. Sy val nog gereeld en skree sy blou moord. Dit het my ma-hart gebreek.

Vir die honde het sy begin uit en dit is baie oulik, vir Zane sê sy "ane" en sy kan ook kat sê. Altesaam kan sy al 23 woorde die meeste kan net haar ouers en haar boetie verstaan, maar van die woorde is maklik herkenbaar.

Sy het ook nou die dag haar eerste "karretjie" ongeluk gehad, vooroor getiep uit haar skop karretjie en haar gesig op die bakstene geskuur, verskriklik gehuil en toe aan die slaap geraak met 'n gesnik, daarna het haar ma gehuil. Dit was nogal erg gewees om so die bloed in haar gesig te sien vir die eerste keer.

O ja ons was ook by Steph se eerste verjaarsdag partyjie en ook by 'n afskeidsparty van Phillip op hulle plaas net buite Bronkhorstpruit.
Albei die parties was ook lekker gewees, my kiddies raak net te gewoond aan te veel lekkergoed, ons sal moet ophou kuier. Maar dit blyk nie sommer vinnig te wees nie, die volgende 3 naweke is klaar gebook vir kuier.

Ons was die naweek ook by 2 kinderpartyjies, Asanti wat 2 jaar oud geword het en ook Anrika wat 2 jaar oud geword het. Albei die kinders het dit baie geniet

Met die homeschooling gaan dit redelik goed, ek dink ons vorder, en vir Zane is dit baie lekker om so baie individuele aandag te kry. Hy doen ook weer gimnastiek en geniet dit ook baie. Hy het ook gereeld maatjies wat oor en weer kuier. Ons is net nog opsoek na bruin maatjies, maatjies wat soos hy lyk, hy het nou 'n behoefte daaraan. Ek het die maatskaplike werker gekontak vandag en sy sal vir my 'n paar name gee, as dit nie oor 2 weke by my is nie, sal ek haar weer kontak, sy kan baie stadig wees.

Lizelle en Siphiwe kom die naweek kuier met Nkululeko en Thokozo, en dit gaan heerlik wees, Zane kan ook nie wag om Nkululeko te sien nie, hy
sê hy gaan al die deur sluit sodat hy nie kan huis toe gaan nie.

Nêo-Rie se doeke is ook verskriklik nou en sy gooi tantrums, ons hoop maar dit is die tande wat deurkom en nie haar persoonlikheid nie.

Hier is sy saam met haar gunsteling goed 'n bal en haar skaap.

Zane en DG het heerlik gespeel op die motorfiets. Zane kon nie sy geluk glo toe hy ook alleen kon ry nie.

Nog fotos op Facebook

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.