Ons kuier in Thaba
Wel hier is ons nou terug na 4 dae se kuier in Thabazimbi. Ek en die kinders het deurgery terwyl Danie vir werk moes PE toe en Kaapstad toe. Ons het heerlik gekuier daar. Zane is saam met Karla en Danê skool toe vir 2 dae en Nêo-Rie het natuurlik by die huis gebly by mamma. Sy is nou al 5 maande oud en weeg 7 kg. Sy is nog steeds geheg aan die "original packaging" waarin haar melk verwaardig word. Hier is fotos waar ek vir haar vir die eerste keer probeer smake laat proe het, hierdie was net een lepeljie Pruime van purity. (Daar is nog fotos op Facebook as julle wil sien). Wel verder het sy vir die eerste keer deurgeslaap en dit was eergister aand, ek kon dit nie glo nie, ek het natuurlik nie deurgeslaap nie, elke nou en dan geloer of sy nog lewe.
Zane het ook daai selfde aand deurgeslaap. Wel die potty-training gaan nie so goed soos ek gehoop het nie, hy se net soms as hy wil piepie maar kry nog sy glimpies soos die foto sal wys. En dan is dit te laat, ek het toevallig die kamera by my gehad en toe neem ek hom af.
Karla het 4 jaar oud geword op die 12de Junie en ons is die aand Spur toe om dit te vier.
Ons het ook vir Danie op die lughawe gaan haal Vrydagaand en Zane was uit sy vel uit om weer sy pa te sien. Hy en Nêo-Rie het hom baie gemis, ek ook natuurlik. Ek dink nie ek is uitgeknip vir enkelouerskap nie, en as hy nog vir 2 weke Thailand toe gaan vir sendingwerk weet ek nie hoe gaan ek dit oorleef nie.
Gister was al die kleinkinders hier en ons het 'n foto geneem om dit te onthou, 'n hele paar fotos eintlik want dit is moeilik om die foto net perfek te kry met so 'n klomp kinders.
Karla was nog nie heeltemal wakker nie.
Danie het toe vir sy onderhoud by ABSA gehad, nog niks gehoor nie so ons wag maar nog. Wel ja, dit lyk asof hy Thailand toe gaan vir 2 weke vir sending werk, meer 'n prayerwalk as enige iets anders en net 'n goeie blootstelling. ek sou ook baie graag wou gaan maar ek kan nie die kinders alleen los nie, ek wil ook nie. Dit lyk of dit die eerste 2 weke in Augustus gaan wees. So bid maar vir die saak, en dan vir my ook as enkel ouer asb. Ek gaan dan sommer weer vir 'n week in Thaba kuier, ek weet nog nie of ek die eerste of tweede week gaan kuier nie.
Wel dit is al vir nou. Praat weer later