Nêo-Rie kan "sit"
Ja sy kan "sit". Sy het Donderdag vir die eerste keer gesit vir 10 sekondes, en vandag vir 'n hele minuut. "cool ne!. Hier is 'n foto van die poging.
Hier is poging no 2
Verlede Sondag was ook Vadersdag gewees en ons het die gevier dat Danie die hele dag saam met die kinders kan spandeer en ek kan slaap.
Hier is die Vader en sy kroos.
Verder gaan dit nog goed hier, Danie gaan nou defnitief Thailand toe vir 2 weke, hulle vlieg die 1ste Aug en kom dan eers die 12de terug. Hulle gaan vir 'n "prayerwalk". Ek dink dit is 'n amazing geleentheid vir hom en dat hy ongelooflik baie deur die hele proses gaan leer.
Ek het nog nie my planne vas vir daai tyd nie, miskien gaan ek vir so week Thabazimbi toe gaan, moet nog net seker maak daaroor. Zane geniet nog baie die skool en sy maatjies en is nog steeds versot op "Lightning McQueen" van die fliek "Cars". Vir sy verjaarsdag sal ons vir hom dan natuurlik ook so 'n partyjie hou. Ek moet myself net keer of ek koop alles. Nie dat ek nou regtig dit kan bekostig nie.
Ons het nog niks gehoor van ABSA nie, sal seker binnekort iets hoor, anders sal hy sy CV by ander plekke ook ingee.
Wel dit is dit in 'n nutshell.
Groetnis.