Baby Led weaning - Nêo-Rie eet


Ek het toe besluit om te gaan vir "Baby Led weaning" dit is nou wanneer jy 'n borsbaba laat oorgaan na vaste kos toe. Die beginsel is dat sy het haarself gevoed en haar inname gekontroleer toe sy geborsvoed het en nou doen sy dieselfde met kos. Dit beteken geen "puree" nie en ek hoef niks fyn te maak nie, geen borde en geen lepels nie.


Ja, dit gaan seker 'n helse gemors afgee, ek kan nie wag tot die somer toe, dan kan sy kaal eet. Dit is 'n nuwe ding wat ek in een van die baba tydskrifte gekry het, en toe bietjie meer gaan navors het en wel ja, ek het vandag toe vir Nêo-Rie 'n stukkie Avo gegee, haar eerste vaste kos.
Dit werk baie goed van 6 maande af eers, want dan kan hulle sit en goedjies mooi vashou, sy is eers volgende week 6 maande oud, maar dit lyk asof sy reg is. Dit beteken ek sal nou moet begin kook, want daar moet nie baie spices en sout ens in die kos wees nie. So niks meer Tuna mate en Mince mate vir my nie. So ek sal resepte moet gaan lees, ek kan dit omtrent nie glo nie, maar ja, dan sal die hele gesin seker beter kos kry.
So hier word sy nou groot, ek kan nie glo sy is al vogende week 6 maande oud nie.

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.