Kersfees 2013

Ons het hierdie jaar via Kimberley Kaap toe gery vir ons Kersvakansie en eers ‘n week in Kaapstad by Christine gekuier en toe twee weke saam met die hele van der Merwe-familie in Kleinmond.

Aan die begin van ons reis het ons een aand in Johannesburg geslaap.  Jac het sy evaluasie- sessie by die Ernie Els Foundation gehad.  Hulle is regtig verstom oor sy vordering. Die terapeut kon nie glo hy kan regtig lees nie, alhoewel ons dit nou al ‘n paar keer vir hulle gesê het. Dit is seker anders om dit met jou eie oë te sien as om net daarvan te hoor! (Die familie in die Kaap stem daarmee saam!)

Na ons sessie in Johannesburg, is ons via Stilfontein na Kimberley, waar ons by vriende, Juan en Meline, gaan koffie drink het. Dit was regtig lekker om hulle nuwe kerk te sien en te hoor waarmee hulle besig is. Juan het ons ook na die ouetehuis wat hulle oorgeneem het, geneem. Dit was nogal vir my “sad” om die mense so te sien. Sjoe, ek wens ek het miljoene rand gehad om te help om die plek op te knap en al die verbeteringe aan te bring wat hulle graag wil doen.

 

503812_0b918b73d2f2c18a59b3a7a966efa674_large

In Kimberley het ons na die “groot gat” gaan kyk. Danie voel dit is “overrated”, maar die kinders het dit geniet.  Ons het afgegaan om te kyk hoe het ‘n ou myn lyk en daar het Jac homself amper in ‘n ander bloedgroep in geskrik:  Hulle het gemaak asof hulle dinamiet skiet en dit het geklink na   “tic….tic…tic….tic…BOOM!!!!!”.  Jac het onbedaarlik begin huil en in my arms gespring.  Die res van die vakansie het ons telkens gehoor: tic…tic…tic….BOOM!!. Ons het een aand in Kimberley geslaap en vroeg die volgende oggend gery om in die Kaap te kom. Ons het via Prieska gery en wit gemsbokke en baie volstruise langs die pad gesien. Dit het die hele dag gereën en dit was heerlik, todat ons afgedraai het na Carnavon toe. Ons wou ‘n draai by Sutherland maak om na die teleskoop te kyk. Ons land toe op ‘n baie goeie grondpad……as dit nie reën nie! Dit was ‘n 110km pad en my senuwees en my hele lyf en gemoed en alles wat in my is het dit amper nie gemaak nie! Ek het regtig paniek-aanvalle gekry as die kar so oor die grond gly. Danie het die kar regtig baie goed beheer en elke keer weer mooi in die pad teruggekry. Ek weet regtig nie hoekom ek so erg gereageer het nie, sal dit nog eendag ondersoek! Hie hie…

Dit het beteken dat ons toe nie die ekstra 90km na Sutherland gery het nie, want dit was ook grondpad. Toe ek is teer gewaar is ons nie weer daarvan af nie! Vir so paar 100km was ons op teer en toe vat my liewe man weer ‘n kortpad wat soos ‘n rollercoaster gevoel het. Die kinders het dit baie geniet … ek … wel, nee, nie heeltemal nie, maar die berge en die uitsig was asemrowend.

Ons het toe almal veilig in Kaapstad aangekom en heerlik gekuier, see toe gegaan, Simonstad toe gery en gaan kyk na die beeld van die hond “Just Nuisance” (dit was ‘n Vloot- hond van Simonstad). Ek was jare gelede daar en was ‘n bietjie teleurgesteld dat die winkel oor die hond nie meer daar is nie. Die kinders was ook by die “Scratch Patch” waar jy edelstene kan soek. Dit was een van Nê0-Rie se hoogtepunte. Zane was net haastig om vir Steph, sy nefie, te sien en in die see te swem. Ons het die kinders ook na die museum in Kaapstad, die tuine en ook die planetarium geneem. Nêo-Rie kon die Boesmandtekeninge sien wat haar oer-oupagrootjie in Maclear se berge uitgekap het toe hulle daar ‘n pad deur die berge moes maak. Sy is gefasineer deur die boesmantekeninge en het selfs ‘n Boesmantekeningkoek vir haar verjaarsdag gevra. Zane kon die dinosaurs en al die groot walvisse sien en Jac sy planete.

 

museum1

Ons twee weke in Kleinmond het ook heeltmal te vinnig verby gegaan. Daar is geswem in die lagoon, afgespring van die brug af, Hermanus toe gegaan, baie met die niggies en nefies gespeel, ‘n gemmerbroodhuisie versier, oor en weer geslaap by al die niggies en nefies en baie geëet en gesels. Ons kon ook ons familie-bande met Vanya en Marais (ons kleinniggie en haar man) hernieu. Lekker!

 

fam klein

Dit was heerlik om die tyd saam met al die familie te kon deurbring en dan nog vir Jaco, Liesl, Jadon en Ayla (ons nefie en sy gesin van Oesbekistan) te sien, was net ‘n bonus.

groot fam

Op pad terug het ons in Phillipolis in die ou trunk, wat omskep is in ‘n gastehuis, te gaan slaap. Dit was ‘n ervaring vir ons almal. Dit is ‘n baie oulike klein plekkie met ‘n kombuis waar jy vir jou kos maak.

kids tronk

Ons het veilig en baie moeg in Thabazimbi aangekom, waar ek die volgende dag nie eers uitgepak het soos ek gewoonlik doen nie. Ek het die hele dag in my nagklere in die bed gelê en boek lees. Na die hierdie vakansie het ek ‘n vakansie nodig!

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.