My eerste slang
Ek het vanoggend my eerste slang op ASM gesien. Hierdie afgelope week was hier nogal baie slange, twee kobras so 10 tree van my voordeur af, maar ek het hulle nie gesien nie, nog 'n kobra so 100m van hier af en toe nou vanoggend die ander slang, dit was 'n lang blink bruinerige slang. So dit kon of 'n gewone huisslang gewees het of 'n mamba. Hy was by my voete gewees toe ek die trappies wou opklim. Neo-Rie was klaar bo, maar ek het haar so vinnig daar afgeruk toe ek die slang by my voete sien dat sy sommer vir my kwaad was. Nou is die slang weg, en dit was ook so 7 stree van my voordeur af. Ons dink die slange bly hier in die muur voor ons huise. Wat kan mens nou maak?
Ek werk nog aan my nuwe nuusbrief, wees net geduldig. Danie het so paar take om eers af te handel en hy moet van die artikels skryf. Dit gaan nou baie rustiger vandat ek net my eie kinders homeschool. Ek gaan nog een seuntjie, Markus inneem vir 2 dae 'n week. Lekker maatjie vir Zane.
Jac het nou al 2 tande en begin 'n attitude ontwikkel. Ja hy raak so kwaad (ek dink) dat maak hy so Uh! ek weet nou glad nie hoe om dit te beskryf nie, want julle kan my nie sien nie! ha-ha.
Ek begin nou weer Donderdag 'n Immergroen ouerskap kursus aanbied hier en sien nogal baie uit daarna, maar lees maar verder in die nuusbrief hiervan. Ek belowe ek sal nog fotos plaas. Facebook raak al hoe minder vir my die internet is net te stadig en dit frustreer my. Miskien eendag kan ek in Mug and Bean gaan sit en net facebook.
Wel dit is al vir vannaand.

Comments