Dit is vakansie
Sjoe ek kan nie glo die vakansie is hier en dat ons al amper 4 maande lank hier bly nie. Aan die een kant voel dit soos gister wat ons getrek het, en aan die ander kant voel dit weer of ons al jare lank hier bly. Danie se Nations kursus is nou verby en die World Outreach Konferensie begin volgende week vir 3 dae. Ons is genooi, maar sal net selektief bywoon. Ons het ook baie werk aan ons huisie en tuin wat ons graag wil doen en dan moet Danie nog twee take ook oor die vakansie doen, en dit is maar 'n kort vakansie vir al die dinge wat ons wil doen. Ek dink Jac gaan nou binnekort begin kruip daarom wil ons graag die stoep toemaak met nog 'n staalheining met 'n hekkie.
Dit is opmerklik dat die mense hier nie veel verbeteringe aan hulle woonstelle aanbring nie en verwag dat ASM alles moet doen. Hulle het nie geld daarvoor nie, dus gaan ons nou maar self probeer om 'n paar dinge te verander.
Ek kan nie glo dat daar nie meer so baie kinders in my huis gaan wees nie. Ek sien uit na ‘n bietjie vryheid. Tog gaan ek die twee Duitse kindertjies mis. Sarah en Karoline het nogal gou deel geword van ons groepie.
Dit begin al hoe koeler raak hier en dit reën baie, maar vandag is weer 'n warm dag (meer humiditeit as warm) maar nog steeds. Vandag is die aircon vir my baie lekker. Al 3 die kinders slaap nou, (middagslapie) en ek het ‘n uur of wat vir myself (ek hoop!). Ek wens eintlik ek kan die vakansie net slaap soos ek nou voel. Ons wil ook ‘n rukkie by oupa en ouma te Ohrigstad gaan kuier.
Ons was nog nie eens in die Wiltuin nie, maar dit sal seker ook nog gebeur. Danie is weg om die bakkie in Centurion te gaan haal en sal later vandag (Saterdag 27 Maart) terugkom. Kom ons hoop alles is nou uitgesorteer en dat die bakkie ten minste vir die volgende 3 jaar sal hou, anders sal ons hom moet verdrink!
Wel, dit is 'n vinnige nuus van ons af... sal weer binnekort ons nuusbrief uitstuur.

Comments