Week 1 op ASM verby

Ek kan nie glo een hele week is al verby nie! Dit was nogal 'n dol week gewees, en ons sukkel maar met die internet hier, baie op en af!

Danie se orienteeringsfase het nou tot 'n einde gekom.Ek is nogal geskok gewees toe ek sy program vir die kwartaal sien. Ek het gewoond geraak aan hom naby my en sy hulp met die huis en die kinders. Ek het selfs by die Voortrekkers betrokke geraak in die hoop dat hy my sal kan help. Helaas is dit toe nou nie die geval nie. Die skedule is hectic om die minste daarvan te sê. Ek het baie gewonder nou wat my werk nou eintlik hier is, ek wil ook baie graag deel in alles by ASM, maar met die kinders is dit nie moontlik vir my nie. Ek voel nou ek mis uit, omdat ek heeldag net met die kinders besig is. Dinge gaan nogal dol hier.

Ek het toe vanoggend 6 uur opgestaan om net 'n tydjie vir myself ook te kry en buite gaan sit (Jac was toe wakker saam met my) en net met God gechat en besluit om die jaar die Bybel van voor na agter deur te lees. Ek het die Engelse Boodskap vir my gekoop en kon net die eerste gedeelde gelees het, voordat die ander kinders wakker geword het. Dit is 'n inleiding oor die boeke van Moses, die eerste 5 boeke in die Bybel. Dit is natuurlik die skrywer self se woorde, maar net wat ek nodig gehad het. Ek het nou ook my plek gevind, alhoewel dit nie heeltemal is waar ek wil wees nie ek sal vrede vind daarin.

Die boeke handel oor God en hoe Hy ons betrek. Ons wil graag weet hoe ons inpas en ons wil niks uitmis nie. En dit is presies hoe ek nou voel oor ASM. Ek wil ook meer deel wees as wat ek fisies kan op die oomblik.

Hy sien Genesis as die "conception" dit begin klein, by Abraham en die "covenant". Eksodus is die geboorte en babatydperk. Worship word die die belangrikste aktiwiteit, Hier word hulle (en ons) geleer om ons volle aandag te geen in gehoorsaamheid en "adoration" vir God (kan nie daai woord vertaal nie)

Levitikus is die skooljare, die basiese kurrikulum is God en ons verhouding met God. - net hier het ek besef ek is op die regte plek op die oomblik, wie anders gaan my kinders al hierdie dinge kan leer as ek dit nie doen nie. Dat hulle God sal eer, en worship en adore, en dat my skool kurrikulum vir hulle moet wees hoe om in 'n verhouding met God te kan staan en God beter te leer ken.

Numurie is adolosensie, en hier is rebellie een van die grootste foute wat gemaak is.

Deutronomium is volwassenheid. Dit is hier waar ware Liefde voorkom. Ons is meer onsself as on liefhet. - Hier het ek ook besef dit is die eending wat my kinders op die oomblik baie nodig het, en het ek sommer besluit om nie een keer kwaad te raak om te raas die week nie, maar hulle net liefde te gee!

Vandag was een van die moeilikste dae met die kinders gewees. Hulle het my teegegaan om elke hoek en draai, en my voorneme was by die deur uit! Ek is vanaand baie moeg, was nog by die voortrekkers ook gewees met al 3 kinders. Danie was die keer saam, maar ons was baie laat! Nou besef ek, ek moet dit alleen doen. My hubby op wie ek so gereken het moet nou op ander dinge konsentreer.

Ons sal darem nog naweke saam wees. Ek hoop! Die reëls hier is baie strenger as wat ons gedink het,en die program baie voller. Ek hoop ons as gesin sal een keer 'n week saam op hulle praktiese uitreike kan gaan. Dit gaan 2 middae 'n week wees. Een middag werk hulle, die ander een swot hulle en dan Vrydae middae is hulle af.

Bid maar vir ons gesin dat ons gesinstyd ook sal inwerk iewers, en dat daar een of ander tyd ook 'n tydjie kan wees waar ek iets kan gaan doen sonder die kinders. Dit gaan seker nog so paar maande duur voordat dit gebeur.

Nou maar goed. Dit is die nuus vir die week. Hou die pers dop!

Comments

baie sterkte jong!!

Dankie vir die nuus

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.