Nêo-Rie se eerste gebed
Die einde van Februarie is in sig
Ek moes nou eers kom tik, en toe sien ek dit is al weer tyd, want ek het lanklaas iets geskryf. Nêo-Rie het vanaand haar eerste gebedjie gedoen, sommer so uit haar eie toe ons klaar bybelstorie gelees het, en Danie sê ons gaan bid toe val sy weg met "Dankie speel. dankie fietsry, dankie doe-doe". Dit was vir so kosbaar ek het amper begin huil. So raak elkeen groot.
Nou kom ons kyk wat het in Februarie gebeur. Wel Danie word baie besig gehou, met werk en alles en kry nog nie kans om te fokus op Witrivier nie, maar sal probeer om sy vorms te begin invul die week. Hier met die kinders gaan dit goed, die homeschooling gaan redelik goed aan, moes bietjie afskaal toe die hele familie amper in die hospitale was, maar nou gaan ons weer volstoom voort.
Met my pa gaan dit goed, hy het al wonderbaarlik herstel, en met my ma gaan dit ook al beter. sy kan al vinniger op die krukke beweeg. Hannes het natuurlik ook sy been gebreek en die was maar pynlik gewees, so ons huis was vol vir so week met Gerda en die kinders ook hier. Nêo-Rie kan nog steed nie uitgepraat raak oor Gerda, Dane en Karla nie. Sy roep hulle nog gereeld.
Ek het ook die Immergroen ouerskap kursus (om die kursus te fasiliteer) bygewoon en dit was een van die lekkerste naweke wat ek in 'n lang tyd gehad het, seker deels omdat ek nie die kinders by my gehad het nie. Ek is nou baie opgewonde daaroor en het vandag my laaste vrae beantwoord so ek behoort nou geakrediteer te wees en dan kan ek begin om dit aan te bied.
Ek het ook vandag op my kalender gekyk en besef dat ons 12de huweliksherdenking die Sondag is, en geen idee wat om te doen nie.
Verder gaan dit goed en met die swangerskap gaan dit ook goed, ek is nou baie rustiger as in die begin en voel hom al gereeld beweeg, wat baie nice is.
Wel dit is dit vir nou
Groetnis van ons huis na julle s'n.

Comments