Amper die middel van die jaar

Vandag is yskoud, dit is nat en koud, snaakse weer vir Mei maand. Dit is ook Sondag vandag en ons het die kinders nou in die bed gesit vir hulle middagslapie, en ek is ook baie lus om in te gaan inklim, net my blog skryf dan is ek ook weg.

Ons het verlede naweek ons tweede Support group meeting gehad (Kruiskulturele aanneming) en die kinders het regtig lekker gespeel, net moeggeraak hier aan die einde van die dag. Nou ja dit lyk of ons die volgende paar weeke en naweke baie gesig gaan wees. Volgende naweek is die basaar, en dan het ek 'n supportgroep wat ek in Johannesburg wil gaan bywoon, die naweek daarop is ons almal (die van der Merwe familie) in Umhlanga vir 'n week, wat beloof of fun te wees, dan die naweek daarna is daar 'n partytjie en nog 'n meeting en dan is ons weg PE toe vir 3 weke en as ons terugkom is die Zane se 4de Verjaarsdag, so dit lyk of ons eerste oopnaweek is die 9 Augustus gaan wees.

Ons het so baie dinge om nog hier by die huis ook reg te maak so ek weet nie wanneer gaan ons tyd kry daarvoor nie. Die bababediening by die kerk gaan goed aan so tussen 3-5 kinders op 'n slag (wat my pas op die oomblik). Daar is net ook dinge wat nog daar reggemaak moet word, soos die kaste en gordyne en so bietjie mooimaak. (nou wanneer ek 'n oopspasie sien om dit te doen, sal dit seker gebeur)

Die kinders is gelukkig nog gesond, net so bietjie verkoue maar niks ernstig nie. Ek was gister by die kinderhuis in Nylstroom (Modimolle) en die kinders daar het dit baie geniet. Ek het nogal baie drukkies en fisiese kontak uitgedeel en dit val nie heeltemal in my aard nie, maar ek kon sien hulle het dit nodig.

Hierdie hele kwessie van die Xenophobia is nogal erg vir my. Sommige mense wat ook geen simpatie het nie, want dink die mense hoort nie hier nie of sommer sal se dat hulle het gedink AIDS sou vinniger beweeg het, ek wens net ek het die guts om vir sulke mense te se om nie so te praat nie. Ek sal dit seker nog eendag kan doen. Ek kan net nie die haat verstaan nie, ek weet hulle neem mense se werke weg, en dat hulle ook betrokke is my misdaad ens, maar om onskuldige kinders te wil doodmaak, dit weet ek nie so mooi nie. En dan mense wat dit kom verdedig uit die Bybel uit om te se dat God het ook mense en gesinne en alles uitgeroei in die ou Testament - hoe kan jy dit wil vergelyk?

Ek wil soms gaan help, maar dit is ver om in die aand te ry en die kinders dan te los, maar dalk in volgende week in die dag mag ek dalk 'n tydjie kry as hulle nog hulp nodig het, om te gaan.

Wel dit is dit vir nou- praat weer later.

Comments

Miyoba Scholtz said…
Eish...maar julle lyk lekker besig oor die komende tyd. Gaan julle 'n draai in Maclear ook maak? Indien wel, stuur asb. groete vir Danie-hulle se ouers, ons het darem baie lekker daar gebly en gekuier.

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.