'n Nuwe jaar
Ja, dit is nou al middel Januarie en ek het my eerste dag van homeschooling agter die rug. Die kinders slaap nog nie, maar sal nou binnekort in die bed gesit word.
Dit was eintlik 'n amazing dag gewees. Dit het baie baie beter gegaan as wat ek verwag het, en ek het nog glad nie ongeduldig geraak of kwaad of my enige tekens daarvan gewys nie. En dit glo ek is net te danke aan God, ek het Hom mooi gevra om my te help.
Zane was regtig gelukkig en al die aandag het hom laat blom, nog steeds het hy ook nie moeilik geraak nie, net so 3 keer blou moord geskree omdat ons 'n bye en perdebye plaag hier het. Hy was nou in Maclear vir die eerste keer gesteek deur 'n by, die dak van die Spar gelig, en lank en aanhoudend geskree. So daar is nou genuine trauma by hom, dalk moet ons hom vat vir byberading.
Die kuier op die plaas was baie lekker, Zane het homself gate uitgeniet, net bietjie bang vir die beeste en skape, ek moet erken, beeste is so bietjie groot, ek wil ook nie altyd te naby kom nie, dit is net so 'n groot dier. Hy het heerlik met die kinde
Nêo-Rie het haar eerste verjaarsdag op die plaas gevier, Ouma Esther het haar vir hasiekoek gebak en sy het dit baie geniet, sien fotos, ek sit sommer die fotos van die vorige party ook hier.
Ek kan nog steeds nie oor vandag kom nie, dit was vir my net so amazing gewees.
Ons het vir Ouma Issie, en Engela en Lida ook vinnig gesien in Aliwal toe ons afgery het, en ook lekker, maar vinnig gekuier, dit was HEL warm gewees.
Zane het op die plaas vir die eerste keer trekker gery saam met sy pa, en was baie in sy skik daarmee. Nêo-Rie het saam gesit, maar my hart kon haar nie laat ry het in sy arms nie.
Verder was die honde baie bly om ons te sien toe ons teruggekom het.
Dit is nou al 'n uur en half later, kinders in die bed, en kombuis is skoon. Ek hoop dat die volgende paar dae net so goed gaan verloop. Zane begin nou weer Woensdag met gimnastiek, wou ook begin het met swem, maar daar is nie nou genoeg geld daarvoor nie, so ons sal maar nog so bietjie wag.
Nêo
Verder ja, ons moet hierdie jaar bietjie uitkyk vir plekke waar ons op kursus kan gaan, ons wil bietjie ons Bybelkennis uitbrei en ons is opsoek na 'n Sendingorganisasie wat in Suid-Amerika, Peru of Bolivia werk om mee te partner. So ver nog nie iets gekry nie, maar aanhouer wen. Ons glo God sal ons op die regte paaie lei.
Om meer fotos te sien kliek op die link:
Nog fotos op facebook