Vroeg uit die vere

Nadat ek gesukkel het om aan die slaap te raak, my kop te besig, en nie baie vas geslaap het nie, met drome en muskiete wat pla, word ek nog vroeg wakker gemaak deur Jac wat vuurwarm is.

Nie net oor sy hele lyfie nie, maar ook in sy doek!

Nou sit ek maar hier en gaan nou vir my koffie maak want "wie op die aarde", soos Neo-Rie haarself sal uitdruk,  kan nou weer aan die slaap raak.

My gedagtes hou my wakker. Soveel dinge en soveel senarios speel in my kop af, dat ek nie kan rus nie.Ek is hier en daar en dan raak alles sommer deurmekaar. Wil te veel gedoen kry en te veel in my tasse pak en voel skuldig oor dinge wat agterbly, nie net fisiese dinge nie, maar ook dinge soos nuusbriewe, homeschooling, die blog, die kinders se plakboeke en scrapbooking en ook hulle elkeen se blogs.

Te veel hooi op my vurk?   Ja altyd, en dit sit vas aan die vurk ek kry dit nie afgeskud nie.

Die lewe loop draaie met jou, en sodra jy dink jy kan dit nou hanteer, kom daar weer nuwe dinge oor jou pad


Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.