Die einde en die begin van nog ‘n jaar


Zane by die partytjie


Jac geniet ook sy eerste partytjie


Al die kids op die plaas


My vartjie koek


Sneeuweitjie koek op ASM


My sneeuweitjie is nou 4 jaar oud


Zane, Neo-Rie en Engela strooi roosblare


Elida en Johan se troue


Elida en Ma Esther







En wie is reg vir nog 'n baba - Arno by Esther Nkosi


Hulle het spesiaal alles reggemaak vir die partytjie




'n bakkie vol geskenke

Al die kinders wat geskenke ontvang het


3 verskillende huise, ‘n troue, ‘n verjaarsdag, kersfees, nuwejaar en 2 huweliksherdenkings later. Moet ook nie 4000 kilometres wat ons afgelê het vergeet nie!

ASM het einde November gesluit en ons het ‘n partytjie by Esther Nkosi gereël. Ons het ons helpers vanaf Pretoria “ingevoer”. Pauline en Mark en Phillip (uit Thailand), asook Arno en Louise het ons kom help om uit te reik na die kinders by Esther Nkosi. Witrivier NG gemeente het oor die 60 geskenkpakkies opgemaak en bydraes vir koeldrank en lekkergoed is ontvang uit verskeie oorde. Die springkasteel is geborg deur “Jaco’s jumping castles” by Janelco’s. Vir die kinders was dit ‘n heerlike geleentheid. Elke kind het ‘n geskenkie ontvang en ons beoog om binnekort terug te gaan om die kinders wat nie daardie dag daar kon wees nie te gaan bederf. Daar is gesing en gedans en heerlik partytjie gehou. Elke kind het goedjies ontvang vir persoonlike higiëne, vir die skool en ook ‘n ietsie spesiaals net vir hulle self. Ons het ook baie lekker saam met die groep uit Pta gekuier en dit het sommer ons tenke volgemaak.

Vandaar is ons vir ‘n week Pretoria toe om nog vennootskappe te kry. Min het ons geweet dat God vir ons iets anders beplan het. Ons het ‘n stuursel gekry! Ek sal hulle later aan almal bekend stel. Hou ons volgende nuusbrief dop. Hopelik kan hulle ons help om bietjie meer georden te raak.

Ons het ook ‘n “van der Merwe” naweek gehad by Korannaberg in die Vrystaat, net buite Marquard/Excelsior en dit was nou regtig ‘n lekker ontspanne tyd gewees. (Dankie aan al die familie wat daar was en spesiaal aan Rianda en Johannes wat alles gereël het!)

Toe neem ons die pad verder na Maclear waar Danie se ouers bly---nie vir ‘n vakansie nie, maar om te gaan werk – dankie Elida!!!!! Danie se sussie Elida het getrou en dit was nou ‘n heerlike affêre. Ons het baie hard gewerk, maar kon darem ook rus! Die kinders het dit baie op die plaas geniet en Jac het uiteindelik “genuine” kos begin eet. Wat ‘n vreugde! Hy spoeg nog soms my kos uit (ek is seker dat Danie dit ook nog soms wil doen (ha-ha). Die kinders het sommer vining groot geword. Zane is nou al amptelik in Graad 1, alhoewel ons “homeschool” en Nêo-Rie het 4 jaar oud geword op die plaas. Daar was ‘n “plaas”-partytjie en dan ook ‘n “prinses”-partytjie vir haar maatjies by ASM. Ek het dus eers ‘n varkie-koek gemaak en toe ‘n Sneeuwytjie een. Die kinders het dit baie geniet. Nou is ek klaar met verjaarsdae totdat Zane weer verjaar. As God dit so beskik sal ons hele gesin in Bolivia wees met ‘n uitreik tydens Jac se verjaarsdag, anders vlug ons Ohrigstad toe! Hoor ma... dalk kom ons dan kuier, ek en die kinders.

Kersfees het ons op die plaas gevier, sonder ‘n boom. Oupa het besluit die boom is uit! Ons het nog baie vrae rondom die boom en hoe Kersfees gevier moet word maar nog nie die antwoorde nie. As enige van julle gedagtes hieroor het, moet ons ‘n bietjie gesels en idees uitruil. Ons wil Kersfees “anders” vier, maar weet nog nie hoe nie.

My ma-hulle se 40ste huweliksherdenking was die dag net ná Kersfees en my skoonouers s’n die laaste dag van die jaar.

Ons is toe die 8ste Januarie weer Pretoria toe en het vir Phillip gaan groet wat weer terug is Thailand toe. Ons het toe ook ons eerste stuursel-vergadering gehad en die span ontmoet. Ons glo ons gaan nog baie van mekaar sien en mekaar beter leer ken in die volgende 2 jaar. Ons dank God vir julle.

Danie en ek het weer baie gedink en gebid oor oor verblyf hier by ASM en nog so paar dinge in ons lewens, maar meer daaroor in die nuusbrief wat binnekort volg.

Die jaar het nou ten volle begin en so ook die “homeschooling”. Ek voel soms oorweldig as ek na alles wat ek graag met Zane en Nêo-Rie wil bereik, om nie eens van Jac te praat nie. Soms voel ek dat nie by hom uitkom nie. Bid maar dat my gemoed sal bedaar, dat my angstigheid sal weggaan en dat ek sal weet dat God in beheer is en met Sy hulp sal my kinders kan lees en skryf en gedigte kan onthou en fiks wees en al die dinge wat ouers graag hulle kinders wil hê....en bowenal dat hulle sal wees wat God wil hê dat hulle moet wees.

Op dié noot groet ek eers.

Groete Esther

Comments

Erika E said…
Hi Esther en Danie!
Julle lewe mag soms vir julle uitdagend en oorweldigend voel, maar hier van 'n afstand af sien ek net God se seeninge in jul lewens. Dat julle lewe en ten volle op Hom vertrou is in self 'n groot getuienis vir my! Die kinders is pragtig!
Groete
Erika

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.