Die res van die storie
Ja wel, ek is nog steeds moeg, maar voel so bietjie beter, so miskien kan ek so bietjie beter dink. Verlede naweek was ons by Saterdag omtrent die hele dag en aand uit. Eers by 'n kiddies verjaarsdag partytjie toe bietjie na Schalk hulle toe sodat die kinders so bietjie kan slaap, natuurlik het madam niks geslaap nie, en toe is weg vir nog 'n kuier wat tot laat aangehou het. Ek het hierdie week ook nie skool gegee nie, te veel ander dinge gedoen. Doktor toe, gimnastiek toe, maatjies kuier en Johannesburg toe vir meetings. So dit was 'n besige week, besig vir my nie noodwendig die kinders nie. Zane het ook by 'n maatjie gaan speel, Noah. Ook 'n afrikaanse bruinseuntjie wat aangeneem is. Selfde ouderdom en lengte as hy. Hulle verskil net een maand. Ek het baie lekker daar gekuier en so ook Zane. Nêo-Rie het ook heerlik gespeel. Zane slaap nou al vir 'n week lank sonder 'n doek, 'n paar glipse gehad maar dit lyk of dit goed gaan, dit is great om ten minste ...