Danie is terug
Ja wel, Danie is terug, dit is nou amptelik al 'n week en wonderlik om hom weer by die huis te he. Zane kan ook nie genoeg van sy pa kry nie. Ons is nog besig om deur die fotos te gaan, en ons dankie briewe op te stel. Hy het dit baie geniet, en emosioneel uitgeput geraak. Ja en hy het 'n bietjie verander, seker meer wat ek later sal besef sodra hy bietjie meer praat oor wat presies daar gebeur het, ek gaan maar op sy gemoed, ek weet net dit het emotioneel nogal baie uit hom geneem. Ek leer elke dag nog 'n bietjie van wat daar gebeur het, 'n kyk nou deur sy fotos en se dat hy nog die plek ruik, so waterige surerige reuk. Hy het baie fotos geneem, en nogal interresante fotos. In Thaliand dra die meeste mense geel klere om die koningshuis te eer, Geel is hulle kleur. Sodra ons aan sy terugvoer gewerk het, wat more is sal ek dit plaas met fotos. Verder het die week maar normaal verloop, Zane was weer gimnastiek toe en ek het besluit om nie weer te help met die rolle en goe...