Alles word gechow
Nêo-Rie is nou al 6 maande en twee weke oud, en sit nou al regtig baie mooi, Sy eet ook al hoe beter by die dag, sy het nou al die volgende probeer eet (in haar mond gesteek en gesuig of gegum, en selfs stukkies al ingesluk) Hoender my eie hoender en appelworsie wat ek van scracth af gemaak het! papaja patats wortels brokolie ertjies (langes) avokado (haar gunsteling) tande koekies van purity (sy eet omtrent die hele ding op) klein baba mielies spanspek piesang grondboontjiebotter aartappel pampoen Ek dink dis dit, ek kan nie mooi onthou of daar nog iets was nie, maar Zane is baie trots op sy sussie wat eet en wil sommer vir haar roomys en viennas ook gee, so ons moet vir hom mooi vertel wat kan sy eet en wat nie, en ook dat hy niks in haar mond mag sit nie, dat net sy dit mag doen. Die vakansie is nou verby en die skole begin die week, so dan sal sy roetine ook weer beter by die skool wees, op die oomblik speel hulle net en is die klasse maar deurmekaar. Ons het ook die week ons afspr...