Posts

Showing posts from June, 2007

Baby Led weaning - Nêo-Rie eet

Image
Ek het toe besluit om te gaan vir "Baby Led weaning" dit is nou wanneer jy 'n borsbaba laat oorgaan na vaste kos toe. Die beginsel is dat sy het haarself gevoed en haar inname gekontroleer toe sy geborsvoed het en nou doen sy dieselfde met kos. Dit beteken geen "puree" nie en ek hoef niks fyn te maak nie, geen borde en geen lepels nie. Ja, dit gaan seker 'n helse gemors afgee, ek kan nie wag tot die somer toe, dan kan sy kaal eet. Dit is 'n nuwe ding wat ek in een van die baba tydskrifte gekry het, en toe bietjie meer gaan navors het en wel ja, ek het vandag toe vir Nêo-Rie 'n stukkie Avo gegee, haar eerste vaste kos. Dit werk baie goed van 6 maande af eers, want dan kan hulle sit en goedjies mooi vashou, sy is eers volgende week 6 maande oud, maar dit lyk asof sy reg is. Dit beteken ek sal nou moet begin kook, want daar moet nie baie spices en sout ens in die kos wees nie. So niks meer Tuna mate en Mince mate vir my nie. So ek sal resepte moet gaa...

Nêo-Rie kan "sit"

Image
Eerste poging Ja sy kan "sit". Sy het Donderdag vir die eerste keer gesit vir 10 sekondes, en vandag vir 'n hele minuut. "cool ne!. Hier is 'n foto van die poging. Hier is poging no 2 Verlede Sondag was ook Vadersdag gewees en ons het die gevier dat Danie die hele dag saam met die kinders kan spandeer en ek kan slaap. Hier is die Vader en sy kroos. Verder gaan dit nog goed hier, Danie gaan nou defnitief Thailand toe vir 2 weke, hulle vlieg die 1ste Aug en kom dan eers die 12de terug. Hulle gaan vir 'n "prayerwalk". Ek dink dit is 'n amazing geleentheid vir hom en dat hy ongelooflik baie deur die hele proses gaan leer. Ek het nog nie my planne vas vir daai tyd nie, miskien gaan ek vir so week Thabazimbi toe gaan, moet nog net seker maak daaroor. Zane geniet nog baie die skool en sy maatjies en is nog steeds versot op "Lightning McQueen" van die fliek "Cars". Vir sy verjaarsdag sal ons vir hom dan natuurlik ook so 'n par...

Ons kuier in Thaba

Image
Wel hier is ons nou terug na 4 dae se kuier in Thabazimbi. Ek en die kinders het deurgery terwyl Danie vir werk moes PE toe en Kaapstad toe. Ons het heerlik gekuier daar. Zane is saam met Karla en Danê skool toe vir 2 dae en Nêo-Rie het natuurlik by die huis gebly by mamma. Sy is nou al 5 maande oud en weeg 7 kg. Sy is nog steeds geheg aan die "original packaging" waarin haar melk verwaardig word. Hier is fotos waar ek vir haar vir die eerste keer probeer smake laat proe het, hierdie was net een lepeljie Pruime van purity. (Daar is nog fotos op Facebook as julle wil sien). Wel verder het sy vir die eerste keer deurgeslaap en dit was eergister aand, ek kon dit nie glo nie, ek het natuurlik nie deurgeslaap nie, elke nou en dan geloer of sy nog lewe. Zane het ook daai selfde aand deurgeslaap. Wel die potty-training gaan nie so goed soos ek gehoop het nie, hy se net soms as hy wil piepie maar kry nog sy glimpies soos die foto sal wys. En dan is dit te laat, ek het toevallig die k...