Posts

Showing posts from May, 2007

Superman

Image
Danie is 'n Superman fan, en dus is dit mos net reg dat ons sy seuntjie ook een maak. Zane in sy nuwe Superman pakkie, hy was baie trots op die pakkie, en ons is toe weg Kerkbasaar toe in sy pakkie. Verder gaan dit nog goed hier. Zane is so bietjie siek, hoes ens en vanoggend het sy keel begin seer raak, so ek sal seker more gou dokter toe gaan met hom. Met Nêo-Rie gaan dit ook goed, ook net so bietjie loop neus. Ek sukkel nog steeds om vir haar die bottel te gee, alhoewel sy gister so bietjie daarvan gedrink het. Die kursus wat ek en Danie loop is nou amper op 'n einde, nog net 2 Maandae aande oor. Dit het regtig 'n groot impak ons lewens gemaak. Dit handel oor Sending en Wereld perspektiewe. Danie moet nou in Junie vir so 4 dae weer rondvlieg, Kaapstad en PE toe, so ek gaan dan die kinders vat na 'n bietjie warmder area - Thabazimbi en bietjie vir Gerda gaan kuier. Nêo-Rie en Steph onder die jungle gym. Ek werk ook nou nog deeltyds vir MES van die huis af, op kontr...

Ons gesin fotos

Image
Ons gesin Boetie en sussie Ons, Zane en Moses Ons en Nê0-Rie

Zane se fotos

Image
Zane en sy VW Sexy! Zane en Teddy Zane en Moses Groot glimlag

Nêo-Rie fotos

Image
By Pappa Engelkind Klein Engeltjie In my arms Tussen die vere

Nêo-Rie is vandag 4 maande

Image
Nêo-Rie saam met die hond. 4 maande vandag 3 Mei 2007 Ek kan nie glo dit is vandag al 4 maande gelede wat Nêo-Rie gebore is nie. Toe ek gisteraand na haar kyk kon ek nog steeds nie glo dat sy myne is nie. Dit is vir my regtig 'n voorreg om by die huis te kan wees met haar, na regte moes ek al gister weer begin werk het, dit gaan tight sonder my ekstra inkomste, maar ek glo ons sal dit ook kan regkry, as Danie 'n beter werk kry sal dinge ook makliker gaan, so bid maar daarvoor. Die fotos hierby aangeheg is vanoggend geneem so dit is vars fotos. Ek sal Saterdag ander fotos plaas, wat deur die fotograaf geneem is, dan sal daar uiteindelik ordentlike familiefotos wees. My engelkind word nou groot.

Van Niekerk nuus

Image
Goeie dag almal wat almal is. Hierdie is my eerste probeerslag om 'n blog op te stel sodat julle kan sien wat gaan in ons lewens aan. Die langnaweek is nou agter die rug en Zane is bietjie siek, ek hoop maar hy voel beter, anders kan ek hom nie skool toe neem nie en dan is my hele dag net kinders. Ek wag nog om te hoor wanneer hulle die kursus gaan aanbied vir die Baby sign language franchise wat ek wil koop, dit lyk my dit gaan eers in Junie of Julie wees, ek hoop maar dit is vroeër. Met Nêo-Rie gaan dit goed, sy begin nou haar eie willetjie kry en trek soms haar rug so hol as ek haar wil neersit. Sy weier ook ewe skielik om die bottel te neem, so ek weet nie hoe gaan ek haar weer kry om dit te vat nie. Danie soek ook nou 'n ander werk, hy is moeg vir sy huidige werk, so ons wag maar en kyk watter werke kom op. Op die oomblik gaan dit maar tight met ons budget, want ek het nou amptelik bedank by MES en van hierdie maand af kry ek nie meer salaris nie, ek het besluit om eers by...

fotos

Image
die oupas en die oumas Zane en Nêo-Rie word gedoop Zane in ouma se feetjie tuin Nêo-Rie op 3 maande