Posts

Showing posts from February, 2014

Kersfees 2013

Image
Ons het hierdie jaar via Kimberley Kaap toe gery vir ons Kersvakansie en eers ‘n week in Kaapstad by Christine gekuier en toe twee weke saam met die hele van der Merwe-familie in Kleinmond. Aan die begin van ons reis het ons een aand in Johannesburg geslaap.  Jac het sy evaluasie- sessie by die Ernie Els Foundation gehad.  Hulle is regtig verstom oor sy vordering. Die terapeut kon nie glo hy kan regtig lees nie, alhoewel ons dit nou al ‘n paar keer vir hulle gesê het. Dit is seker anders om dit met jou eie oë te sien as om net daarvan te hoor! (Die familie in die Kaap stem daarmee saam!) Na ons sessie in Johannesburg, is ons via Stilfontein na Kimberley, waar ons by vriende, Juan en Meline, gaan koffie drink het. Dit was regtig lekker om hulle nuwe kerk te sien en te hoor waarmee hulle besig is. Juan het ons ook na die ouetehuis wat hulle oorgeneem het, geneem. Dit was nogal vir my “sad” om die mense so te sien. Sjoe, ek wens ek het miljoene rand gehad om te help om die plek o...

Die kinders hou konsert en ook gradeplegtigheid en prysuitdeling

Image
Die einde van die jaar het gekom en dit was tyd vir konsert en prysuitdeling.  Zane was Koning Leeu van Haas Das en Nêo-Rie was ‘n Seekoei in haar konsert. Dit was ‘n baie lekker aand en selfs Jac het stilgesit en mooi na die konsert gekyk.   Nêo-Rie  die seekoei Dekor vir die partytjie Zane die Leeu Die Gradeplegtiheid van Nêo-Rie se graad R klas was ook gewees. Sy was ook die Engel Gabriel in die konsert gewees!   Klaar met Graad R