Posts

Showing posts from June, 2010

Ons uitreik na Mosambiek

My eerste indrukke van Mosambiek was, sjoe dit lyk net soos Suid-Amerika. My hart het sommer rustig geword as ek na die mense gekyk het en na die taal geluister het. Alhoewel ek net 1 uit elke 30 woorde kon verstaan was dit vir my 'n goeie gevoel, ek het gevoel ons hoort daar! Ons is saam met NG Gemeente Witrivier op 'n 10 dag uitreik na Paindane, naby Inhambane op die kus van Mosambiek. Jac was die jongste kind wat saamgegaan het. Ons het die oggend al 3 uur vertrek vanaf ASM en eers die aand 9 uur in Paindane aangekom! 17 ure trip. Ons het dit net met gebed gemaak. Die laaste 2 ure was nogal erg op my en die kinders, maar ons het almal lewendig daar uitgekom. Dit was nogal 'n uitdaging om tent op te slaan en alles reg te kry in die nag vir almal om te kan slaap. Die eerste aand was bietjie moeilik, maar ons kon ten minste bietjie slaap. Die volgende oggend kon N ê o-Rie haarself nie terughou toe sy sien ons kampeer bo-op sand nie. Sy het sommer ingeduik en begin swem in d...

Jac se !ste Verjaarsdag partytjie

Image
Jac se kameelperdkoek Die koek en so paar van die cupcakes Die hele gesin saam met oupa en ouma Ouma Riette en Oupa Jacob met die kinders Mamma en Jac Kaitlyn, Neo-Rie en Emma Die kinders help kerse blaas En nou wat moet ek nou doen? Jac wil nie 1ste verjaarsdag koek vernietig nie! Die kinders speel klei Elkeen maak kameelperde