Posts

Showing posts from August, 2009

Nou waar was ek laas

Sjoe maar ek het lanklaas geskryf. Nou hier volg die update van die laaste skrywe af. Danie verjaar vandag, toe besef ek dis al einde Augustus! Die kinders speel heel lekker buite op die oomblik. Zane het verlede week toe ons in Ohrigstad was op sy kop geval. Redelik hard, ons moes Lydenburg toe ry vir xtrale ens. Hy het nogal 'n redelike harsaanskudding opgedoen en kon vir 'n minuut lank nie sien nie. Dit was nogal bietjie erg op die ouers en ouma en oupa gewees. Nou moet ons hom weer vir 'n week rustig hou, ook glad nie 'n maklike taak nie. Jac is ook vandag 12 weke oud. Ek moes nou eers teruggaan in my kalender in om te tel. Hy raak al hoe vriendeliker en gesels sommer al baie, skop en lag tog te oulik. Hy het ook al sy eerste inspuiting gehad en moet volgende week gaan vir sy volgende een. Dit is nou al 6 weke na my vorige skrywe. Zane het verjaar op die 31ste Julie, en die 1ste Aug op Oupa Hendrik se verjaarsdag hou ons toe partytjie. My idee was 'n heerlike wi...

5 Jaar oud

Nou wie sou kon dink dat die 1st Aug so 'n koue en nat Saterdag sou wees. Zane het gister 5 jaar oud geword. Nou is dit al amper 8 uur, en ek is doodmoeg. Dit was regtig 'n ysige dag vandag en Jac het dit gevier deur meer te drink as gewoonlik, ek hoop nie sy streke hou deur die nag aan nie, want ek wil regtig graag slaap. Ons was toe nou vanoggend vroeg na Swartkops Lugmagbasis toe, maar die weer het glad nie saam gespeel nie en ons het vinnig die partytjie geskuif na ons huis toe. Die fotos is nou glad nie wat ek gedroom het dit gaan wees nie, ek het 'n gelukkige gesin met 'n vliegtuig in die agtergrond gesien en nie 'n skreeuende kind met geen vliegtuig in die agtergrond nie. Ek het ook vir al die kinder tipe Camo klere gekry, maar Zane se klere was hoogsomer, en Jac het versuip in sy pakkie. Wel die reenjas het ook vir NĂȘo-Rie na 'n baie beter opsie gelyk, dus die bond foto en geen camodrag nie. O ja Danie wou ook nie sy camo kortbroek aantrek nie en die ban...