Posts

Showing posts from January, 2009

So paar fotos

Image
Zane en Nêo-Rie bak pizzas by 'n partyjie Nêo-Rie met haar partytjie outfit Die oggend van haar 2de verjaarsdag word sy wakker gesing! Kersies word uitgeblaas Al die kersies word afgeeet van die cupcakes af Hier het dit begin! Nou word die koekie maar ook geeet saam met haar niggie Alexia Ons uitsig na Haties vanaf die Benlize gastehuis waar ons nuwejaar spandeer het.

Reeds diep in Januarie 2009

Ek is nog steeds moeg en nie regtig lus om te skryf nie, maar ek besef ek moet, ek raak al hoe meer agter met my stories en ook dan die stories wat ek vir die kinders wil behou. Ek besef ook nou ek sal nie hulle plakboeke kan saamneem eendag as ons gaan nie, so nou moet ek maar alles op die web vir hulle sit. Nou wat het al alles gebeur vandat ek laas geskryf het. - Vrek baie, ek is nou 4 maande, amper 18 weke swanger en die naarheid en moegheid, ja wel die nice fase wat veronderstel is om te kom in jou tweede trimester is nog nie hier nie. Soms dink ek, ek kan beweging voel, ek glo ek kan al , maar mens kan dit nog nie sien beweeg nie. Daar was a scare gewees, maar alles lyk om dit nou goedgaan met die swangerskap en my datum is nou vas vir 'n keiser op die 15de Junie. Ek sien nie kans vir nog enige verder babastresse nie, toe gaan ek maar vir die keiser, alhoewel ek graag normaal sou wou probeer het. Dit is verskriklik warm hier en gisteraand was daar 'n baie groot storm gewe...