Posts

Showing posts from March, 2008

3de Maand en 3de tand

Image
Ja, haar derde tand is uiteindelik hier. Ek het gedog dit gaan die 3de Maart kom, want die eerste een was die 1ste Jan en die tweede die 2de Feb, maar toe kom dit eers die 13de Maart, op Gerda se verjaarsdag. Die afgelope paar dae is dit ewe skielik yskoud en nat, glad nie 'n goeie kombinasie nie. Ek bedoel dit is ysig, maar natuurlik sal Danie nie dink dit is koud nie, en kan ook nie verstaan dat ek heaters wil aansit nie. Die homeschooling gaan heel goed aan, baie van die goed is bokant Zane se vuurmaakplek so ek vereenvoudig maar baie, maar die tel en letters kan hy nogal mooi onthou, ons het al die letter "t" en "b" gedoen. Met NĂȘo-Rie gaan dit ook goed, die tantrums is soms net so bietjie erg, sy het nogal 'n stem aan haar. Zane se maatjie Noah het weer kom kuier en die twee het lekker gespeel. Die niggies was ook hier vir 'n naweek en die drie het regtig baie lekker gespeel en omtrent nooit baklei nie. Dane is tog te oulik nou, sy is baie selfs...

12 en 11 jaar herdenkings

Image
Ja dit was skrikkeldag gewees en presies 12 jaar gelede het ek vir Danie gevra om met my te trou, en die eerste Maart was ons 11 jaar lank getroud. Ons sou gaan uiteet het, maar natuurlik soos Murphy wou het ek siek geraak en voel ek eers vandag beter, so ons langverwagte date, nog nie een in 20 maande nie, het weer nie gerialiseer nie. Swak ne, maar nou ja, hopelik die dag wat dit kom is dit onvergeetlik. Ek kan natuurlik nie meer wag nie, ek wil baie graag vir Danie vir myself kry vir so rukkie. More is Neo-Rie 14 maande oud, en dit is ook al amper Zane se aanneeming herdenking, die 10de Maart. Dit is ook MES se golfdag volgende week so ek werk hard om al die goed reg te kry en ook genoeg aandag aan die kinders en aan die skool te gee. By myself kom ek nie regtig uit nie, maar ek en Cathy gaan moreoggend begin stap (saam met die kinders natuurlik) so miskien begin ek so bietjie by myself uitkom. My internet is nou al 'n week af, en my rekenaar is nou al 3 keer reggemaak en skok...