Posts

Showing posts from December, 2007

Die einde van 2007

Image
Ja Kersfees het gekom en gegaan, en so ook die familie. Ons is vandag vir die eerste keer alleen, Willem en Stella het vanoggend vertrek na Pietersburg. Dit was sowaar 'n dol kersfees maar baie lekker. Veral omdat ons hele gesin bymekaar is en ek het besef hoe genadig ons is om nog ons hele gesin bymekaar te hê vir Kersfees. Dit was Zane se eerste Kersfees saam met die familie, verlede jaar was ons alleen, en dan natuurlik Nêo-Rie en Steph se h eel eerste Kersfees ooit. Kersoggend is die hele familie (amazizngly) 20 voor 8 by die kerk net om uit te vind die kerk begin eers 9uur. So toe is ons almal terug huis toe, en Pa (oumpa Jacob) het toe vir almal kerk gehou, eintlik meer vir die kinders en toe is daar geskenke oopgemaak. Kersfeesvader (met sy donkerbrille, of myne) h et daar opgedaag om die kinders se geskenke uit te gee, Nêo-Rie en Steph het nie van die witbaard man gehou nie, maar die ander 3 was heel in hulle skik, die hele geskenk uitdeel gaan toe verder na die volwassenes...

'n Dolle maand

Image
Ja, die jaar is amper op 'n einde. Ek kan nie glo hoe die tyd gevliegf het nie. Daar het ongelooflik baie in die jaar gebeur. Nou is daar nog net Kersfees oor en 'n lekker kuier saam met die familie. Wel vandat ek laas getik het, was daar 2 troues, en Nêo-Rie het 11 maande oud geword, Oupma en oupa Hendrik en Esther en Engela was hier, en ons het 'n familiefees gehad by Benlize net bokant die Hartebeespoortdam. O ja en ek en Danie en Nêo-Rie was siek, en dit lyk nou of sy alweer siek is. Danie het die siekte die ergste gehad of die meeste aangesit, ons sal nie regtig weet nie want hy raak omtrent nooit siek nie. Nog net 'n paar dae dan is Nêo-Rie 1 jaar oud. Ons het besluit om twee partytjies te hou. Een hier en dan weer een op die plaas, aangesien Danie nie uit die Johannesburg omgewing mag gaan nie, kan ons nie oor haar verjaarsdag op die plaas wees nie. Die troues was albei stunning ek was net op die een weens Nêo-Rie redes, maar het die fotos van die ander een ook g...