Posts

Showing posts from November, 2007

Nog 'n jaar amper tot sy einde

Image
Gister was Zane se laaste dag by die skool, ek weet nie regtig hoe ek voel nie. Ek en Danie en Nêo-Rie het hom saam gaan haal. Die mense by die skool het gesê hulle gaan hom mis, ek gaan seker ook die skoolopset mis, ek sal moet sien hoe lyk dinge volgende jaar. Ja wel, so vandag was sy amptelike eerste vakansie dag. Ons aan die anderkant hou nog nie vakansie nie, en weet nie of ons ooit dit sal kan doen nie.Vandat jy kinders het, hou net hulle vakansie en jy bly maar werk op 'n manier. Ons het nou die laaste paar weke hard gewerk om die "skool" (speelkamer) reg te kry vir die kinders. Pa Jacob en Danie het gehelp om kaste in te sit, gordyne is gewas, mat gewas, mure geverf en gordyne is opgehang. Alles of omtrent alles is nou al in kaste. Ek moet Desember maand bietjie werk maak van 'n program wat ek wil volg volgende jaar. Ek moet nog mooi kyk wat ek gaan doen. Christelle land more en dan is dit haar ooievaarsparty, ek hoop sy is okey daarmee, ek dink nie na so ...

Nêo-Rie is 10 maande oud

Image
J a wel 10 maande oud, die tyd vlieg darem verskriklik. Sy sit nou hier langs my op die vloer en probeer haar eerste kruippoging. Ag sjame, nou net haar kop teen die lessenaar gekap, dit gaan haar eerste bloukol wees. Sy begin nou al hoe besiger raak, maar slaap darem nog goed, en dit lyk my sy begin nou al langer slaap in die aande, nog nie meer as 7 ure nie, maar ek kry darem so bietjie meer slaap in. Ek voel nou al rustiger oor die hele tuisskool ding, en het nou al met 'n hele paar mense ge sels en ja, ek het klaar kennis gegee by Zane se skool, so nou is ons volstoom in die ding. Ons gaan Saterdag na so Homeschooling expo toe, en net so bietjie rondloer, maar ek dink het al besluit waarmee om met Zane te begin. so Desembermaand sal ek my plannetjies moet uitwerk en 'n jaarprogram moet uitwerk vir Zane en Nêo-Rie. So ek gaan redelik besig wees. Zane gaan ook vir die eerste 13 dae in Desember swemskool toe gaan, dit beteken dat November sy laaste maand by Regio skool gaa...