Ons tyd in Kaapstad en Maclear
Kaapstad Dit was ‘n heerlike tyd vir ons en die kinders in Kaapstad. Dit het ons almal goed gedoen om al die niggies en nefies en oupa en ouma van der Merwe weer te sien. Ons het Kaapstad toe gegaan om ‘n week by SIM (Serving in Mission) by te woon. Die kinders het die tye wat ons besig was by ouma gekuier. Ouma het vir hulle skool gehou en seker gemaak dat Zane al sy skoolwerk wat sy juffrou gegee het, doen. Hulle het ook op uitstappies gegaan en Jac was dol oor die see. Hy het ouma al haar dae gegee toe hulle uit die water moes kom. Neo-Rie het heerlik met haar niggies, Lua, Lexi en Maya, gespeel en somme gemaak saam met ouma. Ons het 3 keer insiggewende gesprekke met dr. Ryk Velden (Wellington) gehad. Ons kuier saam met ‘n vriendin Lilly in Muizenberg View Full Album Kuiers saam met die van der Merwe familie. Verbasing oor Jac se vordering Almal was baie verbaas oor hoe Jac die laaste paar maande gevorder het. Almal is dit eens dat dit ‘n go...