Uitstappies saam met die kinders
Sjoe wat ‘n maand wat agter die rug is. Daar het so baie dinge gebeur in ons lewe wat ons binnekort met almal sal kan deel, maar eers weer bietjie nuus oor ons en die kinders. Na ons week in Johannesburg het ons weer in volle swang begin skool. Ons “home schooling” groep is na die Elephant Sanctuary net buite Hazyview en het dit baie geniet. Oupa en Ouma het saam gegaan. Ons kon aan die olifante voel en luister hoe hulle praat. Die goed is groot en hierdie was die jong tieners gewees! Jac was natuurlik nie so beindruk met die olifante soos Zane en N êo-Rie nie. Ek geniet dit regtig die jaar om die kinders skool te gee, Zane sê nog soms dat hy wil skool toe gaan, maar ons werk daar rondom. As jy ons lap boeke wil sien wat ons maak gaan loer na die ander blog: http://ourhomeschoolescapades.blogspot.com Ouma en die kinders hou die olifante dop Neo-Rie en haar maatjie Emma saam met Naomi Kyk net daai tong Jac loer ook maar so bietjie Die olifant soen vir Z...