Posts

Showing posts from November, 2010

God of the Moon and Stars

Einde van die jaar is in sig

Image
Zane eet ontbyt Ons het oats gehad vir ontbyt vandag - net so bietjie nuttelose inligting. Ek kan nie glo die jaar l ê al amper op sy einde nie. Vanoggend toe ek weer die kinders skoolgee hier buite op die stoep besef ek daar is nog net 3 weke van skool oor vir ons. (ampetelike skool) want as jy tuisskool hou dit nooit werklik op nie. Die kinders het later onder die boom gespeel en ek lig toe e en van die kussings op wat op die trappe is. Daar loer slang vir my. Toe is die slang tussen my en die kinders. Ek skree toe maar dat hulle net daar moet bly en nie nader kom nie, vra vir Mavis om die slang dop te hou sodat ek iemand kan bel om sy kop te kom vermorsel. Jac eet ontbyt Neo-Rie eet ontbyt Gelukkig kon Kobus tot my redding kom en vermoor toe die kobra. Hier is ‘n foto van toe hy nog lewendig was. Die Mosambiekse Spoegkobra wat eers op die trap was Dit raak nou al lekker warm hier by ons en ons sal nie meer sommer goed buite kan laat lê waar die slange hulleself kan tuismaa...