My verjaarsdag en nog meer
Ek weet ek het gese die nuusbrief is volgende.Dit is klaar maar ons sukkel om dit uit te kry, dan is dit fout en dan is die adreslys verkeerd. Ons hoor toe nou dat 'n hele paar mense wat dit moet kry dit nie gekry het dit laaste 2 kere nie. So as jy ook een van hulle is, laat weet asb per email aan my dan maak ons die probleem reg. Ons gaan dit binnekort deur ons Kommunikasie persoon (Sakkie du Plooy) laaat uitstuur, sodra ons die regte name het. Nou maar wat het in Mei gebeur. O ja ek het verjaar! Dit was heerlik gewees. My ma-hulle het deurgekom vir my teepartytjie. Hier is so paar fotos. Die teetafel My teepot koek Ek, Zane en NĂȘo-Rie (Jac het geslaap) Ek het al die vrouens omtrent op die kampus genooi en ons het lekker gekuier. Die kinders het my kersies uitgeblaas, nee daar was nie 37 nie, net 3 sparkels. Verder het ons toe die naweek van die 7de Mei Pretoria (Centurion) toe gegaan om ons bakkie hopelik finaal te laat regmaak, daar lek alweer olie, maar ons sal maar sien wa...