Dit is vakansie
Sjoe ek kan nie glo die vakansie is hier en dat ons al amper 4 maande lank hier bly nie. Aan die een kant voel dit soos gister wat ons getrek het, en aan die ander kant voel dit weer of ons al jare lank hier bly. Danie se Nations kursus is nou verby en die World Outreach Konferensie begin volgende week vir 3 dae. Ons is genooi, maar sal net selektief bywoon. Ons het ook baie werk aan ons huisie en tuin wat ons graag wil doen en dan moet Danie nog twee take ook oor die vakansie doen, en dit is maar 'n kort vakansie vir al die dinge wat ons wil doen. Ek dink Jac gaan nou binnekort begin kruip daarom wil ons graag die stoep toemaak met nog 'n staalheining met 'n hekkie. Dit is opmerklik dat die mense hier nie veel verbeteringe aan hulle woonstelle aanbring nie en verwag dat ASM alles moet doen. Hulle het nie geld daarvoor nie, dus gaan ons nou maar self probeer om 'n paar dinge te verander. Ek kan nie glo dat daar nie meer so baie kinders in my huis gaan wees nie. Ek sien...