Ons week op Kruisrivier
Nog 'n week is verby. Die laaste week was 'n uitdaging en dit was heerlik. Ons het gaan kamp op Kruisrivier. Ek was 20 jaar gelede op daardie kampterein, en dit het nogal snaaks gevoel(en oud, maar daaroor praat ons nie). Ek moet erken ek het gedink die kamer waarin ons ingaan is groter as 4m x 4m vir ons hele gesin, maar nou ja, ons het dit oorleef en Zane en Nêo-Rie het dit ongelooflik baie geniet. Jac het die meeste van die aande om geskree! Ek is nog steeds nie seker wat sy pyn was nie, en of hy net warm en ongemaklik was nie, maar ons het nie veel slaap gerky nie, hy wou ook elke 2 ure drink. Dit was naby Groblersdal en dit was redelik warm gewees. Ons kon die mense baie beter leer ken, en Danie het regtig dinge van homself ook ontdek wat hy nie voorheen geweet het nie. Zane was so gelukkig soos 'n vark in Palastine. Hy het saam met Danie heelwat van die avontuur aktiwiteite gedoen, Nêo-Rie het ook probeer om deel te neem. Ek is baie bly om terug te wees. Ons het vand...