Posts

Showing posts from January, 2010

Week 1 op ASM verby

Ek kan nie glo een hele week is al verby nie! Dit was nogal 'n dol week gewees, en ons sukkel maar met die internet hier, baie op en af! Danie se orienteeringsfase het nou tot 'n einde gekom.Ek is nogal geskok gewees toe ek sy program vir die kwartaal sien. Ek het gewoond geraak aan hom naby my en sy hulp met die huis en die kinders. Ek het selfs by die Voortrekkers betrokke geraak in die hoop dat hy my sal kan help. Helaas is dit toe nou nie die geval nie. Die skedule is hectic om die minste daarvan te sê. Ek het baie gewonder nou wat my werk nou eintlik hier is, ek wil ook baie graag deel in alles by ASM, maar met die kinders is dit nie moontlik vir my nie. Ek voel nou ek mis uit, omdat ek heeldag net met die kinders besig is. Dinge gaan nogal dol hier. Ek het toe vanoggend 6 uur opgestaan om net 'n tydjie vir myself ook te kry en buite gaan sit (Jac was toe wakker saam met my) en net met God gechat en besluit om die jaar die Bybel van voor na agter deur te lees. Ek het d...

Happy New Year, Happy New Year!!!!

Rita het my herrinner dat ek weer iets moet skryf. Ek is besig met ons nuusbrief so dit sal binnekort verskyn. In Afrikaans en Engels. Ek het vandag bietjie gewerk aan die voorbereiding vir die Tuisskool wat ek nou "amptelik" Maandag gaan begin. Ek gaan ook 'n ander man en vrou met hulle 2 kiddies help vir so paar weke. Hulle moet eintlik in Zambia wees maar sukkel met hulle aanneming van hulle seuntjie. Nou waar was ek laas. O ja, My nuwejaar was toe nou nie 'n Safari ete saam met die mense van ASM nie, maar 'n hospitaal ete saam met Jac. Jac se koors wou nie breek nie en ons is toe af Nelspruit toe om te gaan kyk wat is fout. Hy het aanmekaar naar geword en die koors wou nie afkom nie. Die dokter book ons toe in. Ek het gehoop dit is net vir 1 aand. Ek was eintlik oortuig gewees dat dit net een aand sou wees. Ek het nie baie goed geslaap daardie aand nie, deels seker van die trauma dat hulle 'n drip in my arme seuntjie se klein armpie moes sit en ek nie ...

Nêo-Rie word 3 jaar oud

Image
Zane, Nêo-Rie en Mamma 3 jaar oud vandag Dora partytjie Kyk net al die sweets!

Kersfees fotos 2009

Image
Kersfees by oupa en ouma Zane en sy kroon Nêo-Rie en haar kroon Jac en sy kroon

So paar fotos van die kinders 2009

Image
Nêo-Rie Zane en Jac Nêo-Rie Jac bad Nêo-Rie, Zane en Jac

Fotos van Jac op my selfoon geneem

Image
Jac in die hospitaal - artikel volg!