Oujaar 2009 en 'n nuwe begin
Vandag is die laaste dag van 2009. 'n wonderlike jaar op sy einde. Zane is baie opgewonde oor alles hier, net die sweet wat hom aftap. NĂȘo-Rie is maar nog emotioneel en huil vinnig, maar dinge begin nou beter raak. Jac het begin sit- whoopee!!!. Die dag voor kersfees het hy vir die eerste keer gesit, en die dag na Kersfees omgerol. Nou kan ek hom nie meer alleen op 'n bed los nie. Die afgelope twee dae was Jac se koors nie baie lekker nie, so tussen 38 en 40 grade. Het hom gister by die dokter gehad, volgens hom net 'n bietjie rooi keel en loopneus. Hy slaap op die oomblik so ek hoop hy sal okey wees. Ons het 'n heerlike Kersfees op Ohrigstad gehad, die kinders het die week by ouma en oupa baie geniet. Ons het nie veel gedoen nie, net gerus van na die trek af. Die trek self was aan die begin heel okey gewees vir my, maar toe raak dit op 'n stadium te veel, want die plek se pakplek is so klein ek kan ons goed inkry nie. So ons het alweer 4 bokse geoogmerk om weg te g...