Mei mannewales
Die 5 de Mei was my verjaarsdag, maar aangesien Nêo-Rie nooit 'n partytjie gehad het, en sy nou so in 'n "Verjaarsdag" fase is, het ek besluit om vir haar 'n partytjie op my verjaarsdag te hou. Ons het ook gemeenskaplike vriende, so of ek haar vriende nooi of myne dit sou in elk geval dieselfde mense gewees het. So hier bo is Mickey Mouse vir die wat gewonder het. Dit is my en Danie se tweede poging aan 'n koek. Ek dink ons eerste poging was beter, maar die een lyk darem nie te sleg nie? Daar was ongelooflik baie deeg oor gewees so daar was cupcakes by die dosyne. Ouma Ettie en Oupa Jacob het ook kom kuier uit Orighstad uit waar hulle op die oomblik by die gemeente daar uithelp en dit was heerlik gewees. Ek weet nie wie was die opgewondste nie, die kinders of die ouma en oupa nie. Ons mis hulle hier, maar gelukkig word Jac amper gebore dan gaan ouma darem vir 'n hele rukkie weer hier in haar eie huis kom kuier. Nêo-Rie beloer hier die tamaties en cupcakes ...