Posts

Showing posts from February, 2009

Nêo-Rie se eerste gebed

Die einde van Februarie is in sig Ek moes nou eers kom tik, en toe sien ek dit is al weer tyd, want ek het lanklaas iets geskryf. Nêo-Rie het vanaand haar eerste gebedjie gedoen, sommer so uit haar eie toe ons klaar bybelstorie gelees het, en Danie sê ons gaan bid toe val sy weg met "Dankie speel. dankie fietsry, dankie doe-doe". Dit was vir so kosbaar ek het amper begin huil. So raak elkeen groot. Nou kom ons kyk wat het in Februarie gebeur. Wel Danie word baie besig gehou, met werk en alles en kry nog nie kans om te fokus op Witrivier nie, maar sal probeer om sy vorms te begin invul die week. Hier met die kinders gaan dit goed, die homeschooling gaan redelik goed aan, moes bietjie afskaal toe die hele familie amper in die hospitale was, maar nou gaan ons weer volstoom voort. Met my pa gaan dit goed, hy het al wonderbaarlik herstel, en met my ma gaan dit ook al beter. sy kan al vinniger op die krukke beweeg. Hannes het natuurlik ook sy been gebreek en die was maar pynlik gew...