Posts

Showing posts from November, 2008

Amper Desember

Image
Ag ja, ek het baie lanklaas geskryf, so lui en moeg, maar ek weet ek moet skryf, so nou het daar iets gebeur toe dog ek ek trek myself maar van die bank af op en skryf weer so ietsie. Ek is nou so amper 10 weke swanger, en kan nie wag vir die moegheid om my te verlaat nie. Christelle is so 11 weke swanger so ons is weer so saam saam in die familie swanger. NĂȘo-Rie het nou-nou vir die eerste keer haar eie naam gesĂȘ. Dit was so oulik gewees. Ons moet eintlik nou Spar toe gaan maar ons is almal te lui. Nou kom ons kyk wat het intussen gebeur, wel daar het 2 nuwe niggies bygekom. Lua en Isabel. Lua is Schalk en Milan se dogtertjie en Isabel is Lida en Johan se dogtertjie. Twee pragtige en klein kindertjies. Het vandag vir Lida gaan kuier en daai klein Isabel is nou net 2.1kg en is vrek klein, dit voel so snaaks om haar vas te hou, en sy skree en skop en gooi haar arms in die lug, totdat sy kry wat sy soek - melk. Zane raak nou ook vinnig groot. Hy het op 'n stadium in regressie gegaan...