Posts

Showing posts from January, 2008

'n Nuwe jaar

Image
Ja, dit is nou al middel Januarie en ek het my eerste dag van homeschooling agter die rug. Die kinders slaap nog nie, maar sal nou binnekort in die bed gesit word. Dit was eintlik 'n amazing dag gewees. Dit het baie baie beter gegaan as wat ek verwag het, en ek het nog glad nie ongeduldig geraak of kwaad of my enige tekens daarvan gewys nie. En dit glo ek is net te danke aan God, ek het Hom mooi gevra om my te help. Zane was regtig gelukkig en al die aandag het hom laat blom, nog steeds het hy ook nie moeilik geraak nie, net so 3 keer blou moord geskree omdat ons 'n bye en perdebye plaag hier het. Hy was nou in Maclear vir die eerste keer gesteek deur 'n by, die dak van die Spar gelig, en lank en aanhoudend geskree. So daar is nou genuine trauma by hom, dalk moet ons hom vat vir byberading. Die kuier op die plaas was baie lekker, Zane het homself gate uitgeniet, net bietjie bang vir die beeste en skape, ek moet erken, beeste is so bietjie groot, ek wil ook nie altyd te naby...