Die einde en die begin van nog ‘n jaar
Zane by die partytjie Jac geniet ook sy eerste partytjie Al die kids op die plaas My vartjie koek Sneeuweitjie koek op ASM My sneeuweitjie is nou 4 jaar oud Zane, Neo-Rie en Engela strooi roosblare Elida en Johan se troue Elida en Ma Esther En wie is reg vir nog 'n baba - Arno by Esther Nkosi Hulle het spesiaal alles reggemaak vir die partytjie 'n bakkie vol geskenke Al die kinders wat geskenke ontvang het 3 verskillende huise, ‘n troue, ‘n verjaarsdag, kersfees, nuwejaar en 2 huweliksherdenkings later. Moet ook nie 4000 kilometres wat ons afgelê het vergeet nie! ASM het einde November gesluit en ons het ‘n partytjie by Esther Nkosi gereël. Ons het ons helpers vanaf Pretoria “ingevoer”. Pauline en Mark en Phillip (uit Thailand), asook Arno en Louise het ons kom help om uit te reik na die kinders by Esther Nkosi. Witrivier NG gemeente het oor die 60 geskenkpakkies opgemaak en bydraes vir koeldrank en lekkergoed is ontvang uit verskeie oorde. Die springkasteel is geborg...