Ons uitreik na Canzibe
Ek kan nie glo dit is al Oktober maand nie, waar is September heen. O ja, ons was omtrent die hele September nie op ASM nie. Ons het die 3de September begin met ons uittog na Canzibe net buite Mtata (ou Transkei). Ons het 3 uur die oggend opgestaan en 3 uur die volgende oggend was almal uiteindelik daar. Julle sal moet wag vir die nuusbrief om die hele storie te hoor! Hier is solank 'n paar fotos. Die groep wat saam gegaan het. Ek voel ek moet nog iets so solank ek nou skryf. Ek het laringites so ek sal nie te lank praat nie. Ek kan nie glo die jaar is al amper op 'n einde nie. Ek gaan nou volgende week Ohrigstad toe, my pa word 70 en ons hele gesin (van der Merwe's) gaan daar wees dit gaan heerlik wees. Ek oorweeg dit ook nog om volgende jaar deur Petra te studeer. Kinderbediening. Verder gaan dit nog goed. Die warm weer is hier en dit gaan nog baie warmer word. Jac het so mooi krullebol en ek wil dit nie graag afsny nie, maar hy kry so warm. Ons sal sien wie wen, die hi...